'N HEILIGE MISLUKKING
Gedicht bij gelijknamige sculptuur van MaRf
onder die Voortrekkerkappie
was haar gedagtes altyd half leeg:
is ek 'n Martha of 'n Maria
maar iets het haar soos 'n klapperhaar-
matras in haar slaap aanhou steek
iets het stukkies geskiedenis uit haar
liggaam laat val 'n bars is geslaan
deur haar lyf - haar arms is afgekap
tot sy met 'n gepluimde helm
haar keel op 'n stemvurk af kon stem
& haar gedagtes half vol kon sing
Carina van der Walt